Lees die webwerf in: English | Afrikaans

Gys de Villiers (Buks/Fredrique)

Gys de Villiers (Buks/Fredrique)


Gys de Villiers is ’n veteraan van die Suid-Afrikaanse teater-, televisie- en rolprentwêreld. Nadat hy ’n graad in drama aan die Universiteit van Kaapstad behaal het, het hy by TRUK (Transvaalse Raad van Uitvoerende Kunste) aangesluit, waar hy vir meer as ’n dekade die organisasie se hoofakteur was. Gys het ’n roemryke loopbaan in televisie en rolprente. Sy eerste groot televisierol was in 1993 toe hy Barry McGregor om Triptiek 1 gespeel het. Hierna het hy hoofrolle in Sewende Laan en Binnelanders en ’n ondersteunende rol in Isidingo gespeel. Hy maak ook sy verskyning in Malan & Kie op SABC 2 en in 1982 het hy sy debuut in die vollengteprent City of Blood gemaak. Hy speel onder meer ondersteunende rolle in Boetie Gaan Border Toe, Paljas, Eternity en Vehicle 19 en is ook as oudpresident F.W. de Klerk te sien in Justin Chadwick se langverwagte rolprent, Mandela: Long Walk to Freedom, gebaseer op Nelson Mandela se outobiografie.

Gys het ook die hoofrolle in twee Afrikaanse rolprente wat albei vanjaar vrygestel is, vertolk. Hy speel die dubbele rolle as Buks en Frederique in Jimmy in Pienk en die hoofrol in Verraaiers, ’n prent oor die omstrede krygsverhoor van ’n groep Boere-soldate wat tydens die Anglo-Boereoorlog gedros het.


Gys plays leads in two Afrikaans features, both set for release in 2013. He plays dual roles, Buks and Fredrique in ‘Jimmy In Pienk’ and the lead in ‘Verraaiers’ (Traitors), a film about the controversial court martial of a group of deserting Boer soldiers during the Anglo-Boer War.

 

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat uiting gee aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Lees volledige sinopsis
Kunsregisseur
Regisseur van fotografie
Vervaardig deur
Geregisseer deur
Genre
Romantic Comedy
Beperkings
7 - 9 PG
Speeltyd
91 min
Taal
Engels en Afrikaans
Sub-titels
Engels