Lees die webwerf in: English | Afrikaans

Hanneke Schutte (skrywer, regisseur)

Hanneke Schutte (skrywer, regisseur)

Nadat sy haar BA in Sielkunde en isiZulu aan die  Universiteit van Pretoria voltooi het, het Hanneke haar vroeë twintigs spandeer as 'n Advertensie Kopieskrywer en later 'n dosent in Advertensiewese. Terwyl sy by Vega doseer het, het sy 'n na-graadse kursus in Film voltooi aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Hanneke het haar debuut as regisseur gemaak met haar kortfilm 'Superhero', wat die wenner was van 2 SAFTAs (die Suid-Afrikaanse Film en Televisie Toekennings) vir Beste Kortfilm en Beste Cinematografie (Willie Nel).

Haar draaiboekkonsep vir 'Jimmy in Pienk' was die wenner van die NFVF en die Britste Filmraad se "25 Words or Less" kompetisie.
 

Sy het ook die kortfilm film 'Saving Norman' geskryf, sowel as die regie daarvan behartig. 'Saving Norman' was die 2013 wenner van die Jameson First Shot kompetisie. Die film is vervaardig deur Kevin Spacey en Willem Dafoe het die hoofrol daarin vertolk.

 

 

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat uiting gee aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Lees volledige sinopsis
Kunsregisseur
Regisseur van fotografie
Vervaardig deur
Geregisseer deur
Genre
Romantic Comedy
Beperkings
7 - 9 PG
Speeltyd
91 min
Taal
Engels en Afrikaans
Sub-titels
Engels