Lees die webwerf in: English | Afrikaans

Shaleen Surtie-Richards (Granny Grietjie)

Shaleen Surtie-Richards (Ouma Grietjie)

Shaleen Surtie-Richards is bekend aan Suid-Afrikaners vir haar vertolking van die titelrol in die 1988 film, ‘Fiela se Kind’ en as Ester (Nenna) Willemse in die M-Net sepie ‘Egoli: Plek van Goud’.

Shaleen is gebore in Upington en het daar en in Kaapstad skool gegaan. Nadat sy gekwalifiseer het as kleuterskool-onderwyseres het sy vanaf 1974 tot 1984 in beide stede onderwys gegee. Tydens hierdie tydperk het sy vele rolle in amateur teaterstukke vertolk en sy was ook baie aktief in die Departement van Onderwys se “Theatre-in-Education” program vanaf 1982 tot 1984.

Sy het ‘n professionele aktrise geword in 1984 en staan sedertdien bekend as ‘n legende van die Suid-Afrikaanse teater- en filmbedrywe. Haar verhoogwerk oor die afgelope 30 jaar sluit produksies met al Suid-Afrika se voorste regisseurs in. Sy was al op verhoë te sien in al die groot teaters in die land, sowel as op Londen se “West End” en sy het al deelgeneem aan beide die Grahamstadse en die Edinburgh Kunstefeeste. Haar mees geliefde verhoogwerk is waarskynlik haar hoogsaangeskrewe uitvoering van die ikoniese Willy Russell toneelstuk, ‘Shirley Valentine’.

Op televisie het sy al rolle op drie ander sepies vertolk - ‘Generations’, ‘7de Laan’ en ‘Villa Rosa’. In 2012 het sy die lieftallige Aunty Granny gespeel in die skreeusnaakse kykNET sitkom, ‘Rugby Motors’. Sy het ook verskynings gemaak in die Suid-Afrikaanse films ‘Nag van die 19de’ (1992) en Leon Schuster se ‘Mama Jack’ (2005).

 

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat uiting gee aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Lees volledige sinopsis
Kunsregisseur
Regisseur van fotografie
Vervaardig deur
Geregisseer deur
Genre
Romantic Comedy
Beperkings
7 - 9 PG
Speeltyd
91 min
Taal
Engels en Afrikaans
Sub-titels
Engels