Lees die webwerf in: English | Afrikaans

Sinopsis

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat ’n akkurate weervoorspelling vir vyf dae kan gee deur bloot die lug te snuif. Hy gee uiting aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder. Terwyl hy sy pa se besittings oppak, kom Jimmy tot sy ontsteltenis agter dat sy pa ’n tweelingbroer gehad het, wat van die plaas verjaag is omdat hy gay was. Fred is nou ’n multibiljoenêr en haarprodukmagnaat wat in Kaapstad gebaseer is.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra. Maar Fred is verbitterd teenoor die Besters en hy bedink ’n plan om wraak te neem op die familie wat hul rug op hom gedraai het.

Hy oortuig Jimmy om aan ’n werklikheidsprogram op televisie, “SA se volgende super haarstilis” deel te neem. As Jimmy die kompetisie wen, kan hy die prysgeld gebruik om sy familie uit hulle finansiële verknorsing te red. Jimmy weet dat hy waarskynlik gaan misluk want hy het geen ervaring as ’n haarkapper nie, maar hy is bereid om die voorwerp van bespotting te word as dit aan hom die geringste kans sal bied om sy familie te red. Met die hulp van Bunny, ’n gay haarkapper-ghoeroe wat hom oplei in die fynere kunsies van kapsels, begin Jimmy om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Met die finale kompetisie om die draai en die sperdatum vir die terugbetaling aan die loan sharks wat al hoe nader kom, kan ’n eerlike plaasjapie soos Jimmy volhou met ’n leuen of sal die drang om net homself te wees sy kanse saboteer om die kompetisie te wen en sy geliefde plaas te red?

Die rolprent is in Kaapstad geskiet met filmsterre soos Louw Venter, wat ’n moordende diëet en oefenprogram gevolg het ter voorbereiding vir sy hoofrol as Jimmy. Die rolprent spog ook met ’n rolverdeling wat uit bekende akteurs soos Gys de Villiers (Hanna Hoekom, Verraaiers), Terence Bridgett (Disgrace, Skeem), Gérard Rudolf (Transito, Wolwedans in die Skemer), Tinarie van Wyk-Loots (Transito, Hond se Dinges) David Isaacs (Joe Barber, Skeem), Garth Collins (Getroud met Rugby, Superhelde) en Shaleen Surtie-Richards (Egoli, Fiela se Kind), bestaan.

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat uiting gee aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Lees volledige sinopsis
Kunsregisseur
Regisseur van fotografie
Vervaardig deur
Geregisseer deur
Genre
Romantic Comedy
Beperkings
7 - 9 PG
Speeltyd
91 min
Taal
Engels en Afrikaans
Sub-titels
Engels