Terence Bridgett (Bunny)
Terence Bridgett is ’n Suid-Afrikaanse akteur wat bekendheid verwerf het vir sy rol as Chico Booysens in die SABC 3-sepie Isidingo. Hy is ook bekend as Dr Leonard September in die hospitaaldrama Jozi-H en in 2011 was hy ook in SABC 2 se verskeidenheidskomedie Coloured TV. Hy het ook as gasspeler sy opwagting gemaak in die sepies Sewende Laan en Backstage, waarna hy hoofrolle gespeel het in die Suid-Afrikaanse dramareekse Zero Tolerance, Snitch en The Lab.
In 2007 was hy in die MTV “mockumentary”-komedie Stay off the Grass en in 2008 was hy Wong September in die tweede seisoen van die SABC 2-dramareeks Erfsondes. Hy het in 2009 deel van die rolverdeling van die SABC 2-sitkom, Konsternasie Oppie Stasie geword en ook in die M-Net-sepie Binnelanders gespeel.
Terence en sy goeie vriend, Paul du Toit, het vanaf 2011 tot 2012 saamgespan om die dokumentêre reisreeks Rof of Spog (Rough or Smooth) te maak. Die reeks is in Afrikaans op SABC 2 en in Engels op Mzansi Magic uitgesaai..
In 2009, he became part of the cast of the SABC 2 sitcom ‘Konsternasie Oppie Stasie’. He also stars in the M-Net soapie ‘Binnelanders’. Terence teamed up with good friend Paul du Toit to star in the travel documentary series ‘Rof of Spog’ (Rough or Smooth), from 2011 to 2012. The series aired in Afrikaans on SABC 2 and in English on Mzansi Magic.