Lees die webwerf in: English | Afrikaans

Tinarie van Wyk Loots

Tinarie van Wyk-Loots (Rika)


Tinarie van Wyk-Loots is ’n baie talentvolle jong aktrise wat besig is om vinnig naam te maak, op die plaaslike sowel as die internasionale verhoog. Sy het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ook opleiding by die Royal Shakespeare Company in Stratford-upon-Avon ondergaan. In 2002 kom haar groot deurbraak toe sy die rol van Natasha in ETV se daaglikse dramareeks Backstage losslaan. Vir hierdie rol het sy in 2003 die KTV Kids Choice Award for Favourite Female Soap Star gewen en in 2006 ontvang sy ’n Fleur du Cap-nominasie vir beste ondersteunende aktrise as Constanze in Amadeus.


Tinarie word gereeld op Suid-Afrikaanse televisie gesien en het hoof- en ondersteunende rolle in televisiedramas soos Orion, Interrogation Room, Philanthropist, Vallei van Sluiers, The Final Verdict en Vloeksteen gespeel. Sy het ook in ’n hele paar episodes van die BBC-dramareeks, Silent Witness, gespeel. Sy vertolk ook groot rolle in twee Hollywood-rolprente, Mojave Phonebooth en Poseidon Adventure, asook die romantiese hoofrol in Hond se Dinges, ’n Afrikaans-rolprent. Sy is tans besig met die verfilming van Zulu, waarin sy ’n belangrike rol teenoor Orlando Bloom en Forest Whitaker vertolk.

 

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat uiting gee aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Lees volledige sinopsis
Kunsregisseur
Regisseur van fotografie
Vervaardig deur
Geregisseer deur
Genre
Romantic Comedy
Beperkings
7 - 9 PG
Speeltyd
91 min
Taal
Engels en Afrikaans
Sub-titels
Engels