Lees die webwerf in: English | Afrikaans

Zaheer Goodman-Bhyat (Vervaardiger)

Zaheer Goodman-Bhyat (Vervaardiger)

Zaheer Goodman-Bhyat was voorheen die produksiehoof by Spier Films (uCarmen – Golden Bear 2005, Son of Man – Sundance 2006), maar het in 2005 vir Ochre Media begin werk om die televisiesepie Scandal, te herkonseptualiseer. Die sepie se kyksyfers het binne die eerste maand na sy aanstelling meer as verdubbel en uiteindelik onder sy leiding verviervoudig.

In 2007 het Zaheer die rolprentweergawe van die blitsverkoper, Confessions of a Gambler, gefinansier en vervaardig, wat as deel van ’n kompetisie die eerste keer by die Dubai Film Festival vertoon is en een van die amptelike keuses by die Miami- en Dublin-rolprentfeeste was. Hy het ook die treffertelevisiereeks, Jacob’s Cross, wat in 23 lande vertoon is, saam met The Bomb Shelter-rolprentmaatskappy vervaardig. Zaheer het in 2008 met ’n nuwe konsep vir ’n televisiereeks vir TV Norge en NBC, saam met MONSTER TV, vorendag gekom. Die reeks het die hoogste kykersyfers wat nog ook ooit in Skandinawië behaal is, gehad en Zaheer het in 2008/9 die tweede seisoen van die reeks vervaardig. In 2009 maak hy ’n rolprentverwerking van Athol Fugard se Master Harold ... and the Boys met Ving Rhames en Freddie Highmore.


In dieselfde jaar vervaardig hy twee bekroonde kortfilms oor klimaatsverandering en in 2011 die hoogs aangeskrewe Skeem, wat ’n uitnodiging na die 2011 Abu Dhabi-rolprentfees ontvang het en die Audience Choice-toekenning gewen het. Skeem is vroeër vanjaar op die Götesburg-rolprentfees in Swede vertoon waar die rolprent vol sale getrek het.

Gebaseer op sy suksesse het die National Film and Video Foundation Zaheer geïdentifiseer as een van die topvervaardigers in Suid-Afrika en hom in Februarie 2006 gevra om hulle verteenwoordiger by die invloedryke Cinemart Producer’s Lab by die Rotterdam Internasionale Rolprentfees te wees.

Zaheer is ’n lid van The International Academy of Television Arts and Sciences en hy is gereeld ’n jurielid vir die Emmy-toekennings en die BANFF-bergfees.

 

Jimmy in Pienk is ’n spitsvondige komedie oor Jimmy Bester, ’n stoere sewende-generasie-mielieboer wat uiting gee aan sy kreatiewe kant deur skape op naburige plase te skeer – iets wat hy vir sy pa wegsteek omdat sy pa glo dat “mans nie kreatief is nie”.

Wanneer Jimmy se pa onverwags in ’n fratsongeluk sterf, word hy deur twee dreigende (en komiese) leningsuitbuiters (loan sharks) gekonfronteer, wat die geld wat sy pa hulle skuld, kom invorder.

Vir die eerste maal in sy lewe skraap Jimmy genoeg moed bymekaar om sy tuisdorp te verlaat en na Kaapstad te reis om sy oom se hulp te vra om die kuns van haarkappery te bemeester – en in die proses word hy ook ’n regte metroseksuele man.

Lees volledige sinopsis
Kunsregisseur
Regisseur van fotografie
Vervaardig deur
Geregisseer deur
Genre
Romantic Comedy
Beperkings
7 - 9 PG
Speeltyd
91 min
Taal
Engels en Afrikaans
Sub-titels
Engels